Israeliese maatskappy kry die groen lig om jou beesvleis “steaks” te kweek in ‘n laboratorium

’n Israeliese maatskappy het die groen lig ontvang van gesondheidsamptenare om die wêreld se eerste “steaks” wat van gekweekte beesvleis-selle gemaak word te verkoop. Die stap volg op goedkeuring van laboratorium-gekweekte hoender in die VSA verlede jaar. Aleph Farms, van Rehovot, Israel, is in Desember die goedkeuring deur die Israeliese ministerie van gesondheid toegestaan. Die stap is laat Woensdag aangekondig deur Israeliese premier Benjamin Netanyahu, wat die ontwikkeling “‘n wêreldwye deurbraak” genoem het. Die maatskapy het gesê hy beplan om ‘n gekweekte “petite steak” aan restaurante in Israel te verkoop. Die beesvleis sal gekweek word van selle afkomstig van ‘n bevrugte eier van ‘n Black Angus-koei genaamd Lucy wat op ‘n plaas in Kalifornië woon.