Israeliese intelligensie-hoof hervat Hamas samesprekings

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het sy intelligensiehoof na Katar gestuur om samesprekings met Hamas te hervat wat vroeër vasgeval het. Die hoof van Mossad, David Barne, se vertrek het die hoop laat opvlam vir ‘n skietstilstand in Gaza en die afname van spanning op die grens tussen Israel en Libanon. Dit volg nadat Hamas blykbaar aan sy Libanese bondgenoot, Hizbollah, gesê het hy het ‘n skietstilstands-ooreenkoms aanvaar. Die groep het ook aan Reuters gesê aanvalle sal ophou sodra enige skietstilstand-ooreenkoms in Gaza in werking tree.