Israel waarsku oor vertraging in oplossing by Libanon-grens

Israel se minister van buitelandse sake, Israel Katz, sê die tyd raak min om ‘n diplomatieke oplossing in Suid-Libanon te bereik terwyl spanning tussen die twee lande opvlam, met daaglikse oorgrens-gevegte. Volgens Katz sal Israel militêr optree om die ontruimde burgers terug te keer na sy noordelike grensgebied indien geen diplomatieke oplossing gevind kan word nie.