Israel waarsku Libanese burgerlikes in Hezbollah-areas

Die Israelse Weermag waarsku burgerlikes in Libanon om gebiede waar Hezbollah met militêre bedrywighede besig is, te verlaat. Hy beplan binnekort uitgebreide presisie-aanvalle op die militante groep. Dit volg ʼn dag nadat Hezbollah, wat deur Iran ondersteun word, meer as 100 vuurpyle tot diep in Israel se noordelike gebiede afgevuur het. Israel het Vrydag ʼn lugaanval op Beiroet uitgevoer waarin minstens 45 mense, insluitend ʼn topleier van Hezbollah, dood is. Israel se president, Isaac Herzog, sê sy land het die reg om homself te verdedig.