Israel vra sanksies teen Iran

Israel se afgevaardigde by die Verenigde Nasies, Gilad Erdan, het ‘n oproep gedoen op die VN Veiligheidsraad, om alle moontlike sanksies teen Iran in te stel voordat dit te laat is. Teheran het die naweek meer as 300 missiele op Israel afgevuur in ‘n vergeldingsaanval vir die dodelike aanval op die Iranse konsulaat in Damaskus vroeër die maand. Erdan sê Iran moet gestuit word voordat hy die wêreld te ver dryf: