Israel volhard met aanvalle op Gaza

Israeliese premier Benjamin Netanyahu belowe om voort te gaan met die stryd teen Hamas-militante, terwyl ‘n humanitêre spanleier van die Verenigde Nasies sê Palestynse burgerlikes in Gaza wat Israeliese ontruimingsbevele nakom, se veiligheid kan nie gewaarborg word nie. Netanyahu, wat Israeliese troepe in die noorde van Gasa besoek het, sê Israel sal nie daarin slaag om sy oorblywende gyselaars wat deur Hamas aangehou word te bevry sonder militêre druk nie. Byna 20 700 Gaza-bewoners is reeds dood, insluitend 250 in die afgelope 24 uur, volgens owerhede in Gaza.