Israel verwerp SA se stellings oor Palestynse burgerlikes

Israel verwerp in geen onsekere taal nie, Suid-Afrika se bewering dat hy Palestynse burgerlikes net 24 uur gegee het om Gaza te ontruim. Israel hou vol by die Internasionale Geregshof in Den Haag in Nederland dat die Israelse Weermag drie weke kennis gegee het en dring aan Suid-Afrika is óf verkeerd ingelig óf versprei doelbewus ʼn vals weergawe. Die regsverteenwoordiger van Israel, Omri Sender, sê 109 voedseltrokke gaan Gaza daagliks binne as deel van Israel se humanitêre pogings.