Israel verloor 10 soldate in Hamas hinderlaag

Israel het sy ergste gevegsverliese in meer as ‘n maand aangekondig ná ‘n hinderlaag in die ruïnes van Gazastad. Hewige gevegte het Woensdag gewoed, in beide die noorde en suide van Gaza, ‘n dag nadat die Verenigde Nasies ‘n onmiddellike humanitêre wapenstilstand geëis het. Israel het berig dat 10 van sy soldate die afgelope 24 uur dood is, insluitend ‘n volle kolonel en ‘n luitenant-kolonel. Hamas het gesê die voorval wys dat Israeliese magte nooit Gaza kan onderwerp nie. Gaza se gesondheid-ministerie sê minstens 18 608 mense is dood en 50 594 beseer in Israeliese aanvalle sedert 7 Oktober.