Israel straffeloos oor menseregteskendings: SA ambassadeur

Suid-Afrika se ambassadeur in Nederland, Vusimuzi Madonsela, het kommer uitgespreek oor Israel se voortdurende besetting van Palestina aan die Wesoewer, Oos-Jerusalem en die Gazastrook, wat reeds meer as 50 jaar duur. Die Internasionale Geregshof in Den Haag hoor tans Suid-Afrika, en verskeie ander lande, se betoë aan teen Israel se besetting. Madonsela het die hof aangemoedig om aandag te skenk aan die dringende kwessie rondom Israel se langdurige straffeloosheid vir wydverspreide menseregteskendings.