Israel sluit grens met Gasa, 18 000 kan nie gaan werk nieSeptember 21, 2023
Israel het grenspunte met Gasa gesluit, wat duisende werkers verhoed het om by hul werk in Israel en die Wesoewer uit te kom, ná dae van betogings waartydens Israeliese troepe op betogers wat klipgooi losgebrand het. Ongeveer 18 000 inwoners van Gasa het permitte van Israeliese owerhede om buite die geblokkeerde gebied te werk, wat ‘n noodsaaklike kontantinspuiting van sowat 37 miljoen Namibiese dollar daagliks aan die verarmde gebied se ekonomie verskaf. Betogings, gesteun deur Hamas, word reeds dae lank gehou teen kwessies wat wissel van die behandeling van Palestynse gevangenes in Israeliese tronke tot Joodse besoeke aan die Al Aqsa-moskee-kompleks.