Israel sê top-Hezbollah vuurpyl-bevelvoerder dood
Die Israeliese weermag sê hulle het ‘n top-Hezbollah-bevelvoerder doodgemaak wat volgens hulle in bevel was van vuurpyl- en tenkmissiel-aanvalle teen Israelse magte in die suide van Libanon. Die weermag sê Abu Ali Rida, die Hezbollah-bevelvoerder van die Baraachit-gebied in Suid-Libanon, is in ‘n lugaanval dood, sonder om uit te wei oor wanneer hy dood is. Hulle sê Rida was verantwoordelik vir die beplanning en uitvoering van vuurpyl- en tenkmissiel-aanvalle op Israelse troepe en was verantwoordelik vir die bedrywighede van Hezbollah-operateurs in die gebied.