Israel sê SA is bondgenoot van Hamas
Israel beweer Suid-Afrika is ‘n bondgenoot van Hamas en verdraai die feite. Israel het vanoggend sy betoog gelewer voor die Internasionale Geregshof in Den Haag, Nederland, en beskuldigings verwerp dat hy hulp aan Gaza verhoed en grense sluit. Die land beskryf Suid-Afrika se beskuldigings as ongegrond en afstootlik. Die raadgewer van die Israelse ministerie van Buitelandse Sake, Tamar Kaplan Tourgeman, hou vol ‘n kragtige regstelsel verseker die nakoming van humanitêre beginsels. Sy kritiseer Suid-Afrika dat hy nie aandag gee aan Hamas se rol nie.