Israel se president sê SA skynheilig met hofsaak

Die president van Israel, Isaac Herzog, veroordeel die hofsaak in die Internasionale Geregshof waarin Israel beskuldig word van volksmoord tydens sy Gaza-aanslag. Hy beskou die aanspraak as afgryslik en verregaande. Die aanslag het gevolg nadat Hamas die land aangeval het en dit het gelei tot ʼn humanitêre katastrofe, terwyl Israel Hamas daarvan beskuldig dat hy tussen burgerlikes optree. Die saak is deur die Suid-Afrikaanse regering aanhangig gemaak. Herzog beskuldig Suid-Afrika van skynheiligheid en verwys na Israel se verbintenis tot selfverdediging ingevolge internasionale humanitêre reg.