Israel sê Hezbollah se hoof van missielstelsels gedood

Israel sê dat Ibrahim Qubaisi, die hoof van Hezbollah se missielstelsels, dood is in ‘n geteikende aanval op Beiroet. Die Israelse Weermag sê in ‘n verklaring ‘n lugaanval deur Israeliese vegvliegtuie is in die voorstad Dahiyeh uitgevoer. Die mag beweer dat hulle in die laaste 24 uur byna 2 000 bomme en missiele op 1 500 Hezbollah-teikens in Libanon laat val het. Hezbollah, op sy beurt, het voortgegaan om vuurpyle na die noorde van Israel af te vuur, waarvan sommige brande begin het.