Israel sê Hamas oordryf sterfgevalle in Gaza 

Minstens 87 mense, insluitend kinders, is dood en meer as 40 beseer in ‘n Israelse lugaanval op Beit Lahia in die noorde van Gaza. Die Israelse Weermag beskryf dit as ‘n presisie-aanval teen ‘n Hamas-teiken. Israel beskuldig Hamas-owerhede daarvan dat hulle oordrewe slagoffersyfers bekendmaak. Die lugaanval volg nadat die Israelse weermag weer sy bedrywighede in noordelike Gaza verskerp het omdat Hamas volgens hom hergroepeer in die gebied. Intussen gaan Israel voort met sy aanslag teen Hezbollah in die suide van Libanon.