Israel se generaals vergader

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het ‘n vergadering van sy mees senior generaals belê terwyl die bombardement van Gaza voortduur. Die Weermag het glo ook sy aanvalle uitgebrei om teikens in Sirië en die besette Wesoewer in te sluit. Netanyahu het vroeër beloof om die militante-groep, Hisbolla, lam te lê indien hy die land vanuit Libanon aanval. Intussen het vrese oor die naweek ontstaan dat die oorlog tussen Israel en Hamas in ‘n wyer Midde-Oosterse konflik kan uitkring. Washington het ʼn waarskuwing uitgereik oor ‘n beduidende risiko vir Amerikaanse belange in die streek en ‘n nuwe ontplooiing van gevorderde lugverdediging aangekondig.