Israel se besetting van Palestina voor Internasionale Geregshof

Die hoogste hof van die Verenigde Nasies het met verhore begin oor die regsgevolge van Israel se besetting van die Palestynse gebiede sedert 1967. ‘n Ongekende 52 lande sal na verwagting getuig. Namibië se verklaring sal op 23 Februarie deur die justisie-minister, Yvonne Dausab, gelewer word. Ander lande, wat Amerika, Rusland en China insluit, sal regters toespreek in ‘n weeklange sitting in die Vredespaleis in Den Haag in Nederland, waar die Internasionale Geregshof gesetel is. Die verhore is afsonderlik van die hoë-profielsaak wat Suid-Afrika ingedien het, waarin beweer is Israel maak hom skuldig aan volksmoordoptrede in die huidige aanslag in Gaza.