Israel sal skietstilstand-onderhandelings bywoon

Israel het ingestem om onderhandelings vir ‘n skietstilstand volgende week op versoek van internasionale bemiddelaars te hervat. Dit kom na intensiewe diplomatieke pogings om ‘n streekwye konflik te voorkom. Die aankondiging volg op ‘n Iranse bewering dat Israel oorlog in die Midde-Ooste wil uitbrei, asook herhaalde beskuldigings deur Hamas-amptenare, sommige ontleders en kritici in Israel dat Netanyahu die gevegte in Gaza vir politieke gewin uitrek. Israel het belowe om Hamas te vernietig as weerwraak vir sy aanval op 7 Oktober.