Israel ontken aanval op sentrum in Khan Younis

Die Verenigde Nasies sê ‘n groot kompleks waar ontwortelde Palestyne in Khan Younis, Gaza, geskuil het, is met kanonne bestook. Israel ontken sy magte was aanspreeklik en sê Hamas het moontlik die aanval uitgevoer. Die beroepsopleidingsentrum wat getref is, het 30 000 ontworteldes gehuisves. Minstens nege mense is dood en 75 gewond. Die adjunkwoordvoerder van die Amerikaanse Departement Buitelandse Sake, Vedant Patel, sê Amerika is geskok oor die aanval. Hy voeg by burgerlikes moet beskerm en VN-geriewe gerespekteer word.