Israel onderdruk vrye pers – Al Jazeera

Die nuus-uitsaaier, Al Jazeera, het Israel se militêre klopjag op sy kantoor in die Wesoewer en die sluiting daarvan as ʼn misdaad beskryf. Israeli-magte het ʼn aanvanklike bevel uitgereik dat die kantoor in Ramallah 45 dae lank gesluit bly. Israel se regering het Al Jazeera in Mei verbied om vanuit die land uit te saai. Al Jazeera sê Israel se voortgesette onderdrukking van ʼn vrye pers wil sy optrede in die Gaza-strook verdoesel en dis ʼn skending van internasionale en humanitêre reg.