Israel moet Iran se kernprogram aanval – Trump

Donald Trump sê hy glo Israel moet Iran se kernfasiliteite aanval in reaksie op die land se aanval die week op Israel. Die voormalige president, wat tydens ‘n veldtoggeleentheid in Fayetteville, Noord-Carolina gepraat het, sê president Joe Biden was verkeerd toe hy gesê het Israel kan Iran aanval maar moet kernfasiliteite vermy. Volgens Trump is dit presies wat getref moet word omdat dit die bron van kommer vir die VSA is. In sy woorde moet Israel eers die kernprogram tref en hom later bekommer oor die res.