Israel moet aan ons eise voldoen – Hamas

Hamas sê ʼn ooreenkoms oor ʼn tydelike skietstilstand kan binne die volgende 24 tot 48 uur bereik word indien Israel aan sy eise voldoen. Bemiddelaars en Hamas is in die Egiptiese hoofstad Kaïro vir samesprekings oor ʼn nuwe skietstilstand. Die moontlike skietstilstand van ses weke sal toelaat dat meer Israelse gyselaars vrygelaat word, hulp na Gaza gestuur word en nog Palestynse gevangenes in Israelse tronke vrygelaat word.