Israel mik weer vir Guterres

Israel se minister van buitelandse sake, Eli Cohen, sê dat Antonio Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, nie geskik is om aan die hoof van die wêreldliggaam te staan nie, het nie genoeg gedoen om die militante groep Hamas te veroordeel nie en is te na aan Iran. Sy opmerkings tydens ‘n perskonferensie in die VN-gebou in Genève, is ‘n verskerping van Israel se kritiek op die liggaam in dieselfde week as wat laasgenoemde gerou het oor die meer as 100 van sy personeel wat in Gaza gesterf het. Cohen, wat vroeër met die Internasionale Rooi Kruis-president Mirjana Spoljaric vergader het, het gesê hy verwag dat die VN meer sal doen om toegang tot die gyselaars te verkry.