Israel maak soldaat-sterfgevalle bekend

Die Israeliese weermag het die name bekend gemaak van nege soldate wat in gevegte in die noorde van Gaza dood is. Twee ander soldate is gister ook daar dood verklaar, wat die dodetal in grondoperasies binne Gaza op elf te staan bring. Vier bykomende gevegsoldate is ernstig gewond. Sewe van die nege soldate het gesterf toe ‘n geleide anti-tenk missiel, wat deur Hamas-militante afgevuur is, hulle pantservoertuig getref het. Die ander twee is dood toe hulle tenk oor ‘n ploftoestel gery het. Sedert 7 Oktober is meer as 300 lede van die Israeliese Weermag reeds dood.