Israel-lugaanvalle teiken weer Beiroet

Israelse lugaanvalle het Beiroet se suidelike voorstede vanoggend getref. Dit is die eerste aanval in dae wat op dié gebied in Libanon uitgevoer word. Dit volg kort nadat die Israelse Weermag nuwe ontruimingsbevele uitgereik het aan inwoners naby ‘n gebou in die Haret Hreik-gebied van Dahiyeh, wat ʼn Hezbollah-vesting is. Die Israelse Weermag sê hy het ʼn ondergrondse wapenopslagplek getref met strategiese wapens wat aan Hezbollah behoort. Die Libanese ministerie van Gesondheid sê 2 350 mense is dood sedert die konflik tussen Israel en Hezbollah verlede maand verskerp het.