Israel looi talle dele van Gaza

Minstens ses mense, insluitend vier kinders, is dood en verskeie ander beseer na Israliese weermagaanvalle oornag op woonbuurte in Gaza Stad. Die VN se woordvoerder, Stephane Dujarric, sê die jongste Israeliese grondaanvalle in die Shujayea-buurt het minstens 60 000 inwoners gedwing om te vlug. Hy voeg by die Israeliese militêre operasies in die al-Mawasi-gebied in die suide van Gaza het tot talle ongevalle gelei, en sowat 5 000 mense dakloos gelaat. Ongevalle is ook na ‘n aanval op die sentrale Maghazi-vlugtelingkamp in Gaza aangemeld.