Israel loods lugaanvalle op Rafah

Israel het verskeie lugaanvalle op Rafah geloods ure nadat premier Benjamin Netanyahu die weermag beveel het om ‘n plan voor te berei om burgerlikes uit die digbevolkte suidelike Gaza-stad te ontruim. ‘n Totaal van 28 mense is dood in die oornag aanvalle sê, die Palestynse ministerie. Netanyahu het Vrydag die weermag beveel om voor te berei om Israel se offensief na Rafah uit te brei, en die stap beskryf as nodig vir die vernietiging van vier Hamas-bataljons wat daar gestasioneer is.