Israel lei swaarste verliese sedert begin van oorlog

Vier-en-twintig Israeliese soldate is dood in Israel se ergste dag van verliese in Gaza, terwyl die weermag Khan Younis omsingel het en honderde duisende Palestynse inwoners vasgekeer het wat probeer vlug. Weermag-woordvoerder agter-admiraal Daniel Hagari sê 21 soldate is dood toe twee geboue waar hulle myne gelê het ontplof het nadat militante op ‘n nabygeleë tenk geskiet het. Drie soldate is vroeër in ‘n afsonderlike aanval dood. Israeliese tenks het die ontsnaproete versper vir burgerlikes wat Rafah probeer bereik. Die oprukkende Israeli’s blokkeer hospitale, wat volgens Palestynse amptenare dit onmoontlik maak om die dooies en gewondes te red.