Israel is skuldig aan misdade teen die mensdom – HRW

Human Rights Watch doen ‘n beroep op die Israelse regering om onmiddellik sy totale blokkade van die Gaza-strook te beëindig wat Palestynse kinders en ander burgerlikes in ernstige gevaar stel. Meer as 1 400 mense in Israel is dood ná Hamas se dodelike inval op die sewende van die maand. In Gaza is 3 478 mense dood. Human Rights Watch sê Israel se totale blokkade teen die bevolking in Gaza vorm deel van die misdade teen die mensdom, van apartheid en vervolging, wat Israelse owerhede teen Palestyne pleeg.