Israel het dalk oorlogswette oortree: VN

Die VN se menseregtekantoor sê Israel se weermag het dalk herhaaldelik die oorlogswette oortree en het nie tussen burgerlikes en soldate onderskei nie. Dit volg op die beoordeling van ses Israeliese aanvalle in Gaza tussen 7 Oktober en 2 Desember wat ‘n reuse aantal ongevalle veroorsaak het. Israel se permanente sending by die VN in Genève het die ontleding as “feitlik, wetlik en sistematies gebrekkig” beskryf. Owerhede in Gaza beweer Israel se offensief ná Hamas se dodelike aanval op 7 Oktober het die dood van meer as 37 000 Palestyne veroorsaak.