Israel-Hamas wapenstilstand dalk verleng

‘n Senior Egiptiese amptenaar sê dat Egipte en Katar naby is om ‘n ooreenkoms te bewerkstellig om ‘n wapenstilstand tussen Israeliese en Hamas-magte in Gaza met twee dae te verleng. Diaa Rashwan, die hoof van Egipte se Staatsinligtingsdiens, sê die verlenging sal die vrylating van 20 Israeliese gyselaars insluit. In ruil daarvoor sal 60 Palestynse gevangenes wat in Israeliese tronke aangehou word, bevry word. Die huidige wapenstilstand is geskeduleer om vanaand te eindig. Daar is vroeër berig dat Hamas ‘n verlenging van vier dae soek, terwyl Israel dag-vir-dag verlengings wou hê.