Israel ‘gewalg’ deur SA se Strafhof-klag

Israel se minister van Buitelandse Sake sê hy “verwerp met walging” ‘n saak wat Suid-Afrika by die Internasionale Hof van Justisie ingedien het teen wat hy noem Israel se volksmoorddade in Gaza. Die woordvoerder van die Israelse ministerie van Buitelandse Sake, Lior Haiat, het op X, voorheen Twitter, ‘n boodskap geplaas wat sê, Israel verwerp met afkeer die ‘lasterlike’ beskuldiging wat Suid-Afrika met sy aansoek by die hof versprei. Haiat voer aan Suid-Afrika se aantygings is feitelik én wetlik ongegrond en kom neer op verwerplike uitbuiting van die hof. Suid-Afrika se hofaansoek gaan oor Israel se beweerde oortredings van sy verpligtings ingevolge die Volksmoordkonvensie.