Israel en Hezbollah in ergste konfrontasie in 18 jaar

Satellietbeelde toon verwoeste plekke in die Suid-Libanese dorp Aita al-Shaab na maande van Israeliese lugaanvalle. Die beelde wys minstens 64 verwoeste plekke in Aita al-Shaab. Hezbollah het sterk steun van die Sjiïtiese Moslems in die gebied, wat in 2006 ‘n voorste linie was toe sy vegters Israelse aanvalle suksesvol tydens die volskaalse oorlog van 34 dae afgeweer het. Daar word berig hoewel die huidige gevegte tussen Israel en die Iran-gesteunde Sjiïtiese groep steeds redelik beperk is, is dit die ergste konfrontasie in 18 jaar.