Israel doodstil oor aanvalle op Hezbollah lede in Beiroet

Libanon se Hezbollah belowe weerwraak nadat hulle Israel die skuld gegee het vir die ontploffing van roepers, of “pagers”, wat minstens agt mense gedood en 2 750 ander gewond het. Dit sluit baie van die militante groep se vegters in, asook Iran se gesant na Beiroet. Hezbollah sê Israel sal “sy regverdige straf” vir die ontploffings ontvang. Die Israeliese weermag het geweier om op Reuters se vrae oor die ontploffings te reageer. Nomi Bar-Yaacov van die dinkskrum Chatham House in Brittanje sê aan Sky News sy dink daar sal streeks-eskalasie in die Midde-Ooste wees na aanleiding van hierdie gebeure.