Israel dood Hamas-bevelvoerder

Hamas sê sy leier Ismail Haniyeh is in ‘n Israeliese aanval dood terwyl hy op ‘n besoek aan Teheran was om die inhuldiging van die Iranse president Masoud Pezeshkian by te woon. Dit volg ‘n dag na ‘n Israeliese aanval op ‘n senior bevelvoerder van Hezbollah in Beiroet, as vergelding vir ‘n missielaanval in die Israeli-besette Golan-hoogland die naweek waarin 12 mense dood is. Hamas sê die sluipmoord op Haniyeh is ‘n lafhartige daad wat nie onbeantwoord gelaat sal word nie. Die Palestynse president, Mahmoud Abbas, het die sluipmoord veroordeel en gesê dit is ‘n gevaarlike verwikkeling.