Israel bom VN-skool
Die Verenigde Nasies se Hulp- en Werke-agentskap vir Palestynse Vlugtelinge sê die aanval op of gebruik van VN-geboue vir militêre doeleindes is ‘n blatante verontagsaming van Internasionale Humanitêre Reg. Dit kom nadat ‘n Israelse lugaanval op ‘n VN-skool vol Palestynse vlugtelinge in Sentraal-Gaza ten minste 35 slagoffers geëis het. Israel se weermag sê hulle het ‘n presisie-aanval op ‘n Hamas-basis in die skool uitgevoer. Die agentskap sê meer as 180 van sy geboue is getref en meer as 450 dakloses is dood.