Israel beset Palestynse gebiede onwettig: Internasionale Geregshof
Die Internasionale Geregshof sê Israel se besetting van Palestynse gebiede sedert 1967 bly onwettig en die land moet sy teenwoordigheid daar beëindig. Die hof het bevind Israel se optrede is strydig met die internasionale reg, insluitend “de facto anneksasie” van besette grondgebied en ‘n oortreding van die globale verbod teen rassediskriminasie en apartheid in die Wesbank, Oos-Jerusalem en die Gaza-strook. Die uitspraak is nie bindend nie en hou geen onmiddellike gevolge in nie. Maar die bepaling sal druk op Israel en sy bondgenote vergroot vir vordering om die konflik by te lê.