Israel belowe pouses vir meer hulp in Gaza

Die Israeliese weermag sê hulle sal daagliks taktiese pouses in militêre aktiwiteite langs ‘n hoofweg in die suide van Gaza hou om meer hulp na die enklawe te laat vloei, waar internasionale hulporganisasies gewaarsku het teen ‘n groeiende humanitêre krisis. Gevegte in die stad Rafah, waar Israel die oorblywende brigades van Hamas teiken, sal voortduur. Militêre aktiwiteite sal daagliks van 5-uur die oggend tot 4-uur die middag onderbreek word, tot verdere kennisgewing. Ten spyte van toenemende internasionale druk vir ‘n wapenstilstand, lyk ‘n ooreenkoms om die gevegte te stop steeds ver.