Israel begin stappe vir Gaza-hulp

Israel se veiligheidskabinet het ‘n reeks stappe goedgekeur sodat humanitêre hulp na Gaza deurgelaat kan word. Dit sluit in die tydelike heropening van twee roetes vir noodvoorraad. Die Erez-grenspos in die noorde sal die eerste keer sedert 7 Oktober vir ‘n tyd heropen, terwyl Ashdod-hawe ook oopgestel word. Dit volg op die Amerikaanse president, Joe Biden, se waarskuwing aan die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, dat Amerika se toekomstige steun aan Israel sal afhang van die stappe wat hy doen om burgerlikes te beskerm.