Israel aanvalle op Rafah: Wat is die VN se nut?
Vrae word weer wêreldwyd gevra oor die nut van die VN se Veiligheidsraad en die Internasionale Geregshof. Dit kom na Israel ten spyte van ‘n hofbevel om alle aanvalle in Rafah te staak, voortgaan met sy militêre operasie. Die GOOD-party sê die dood van 45 burgerlikes in ‘n vlugtelingkamp in Rafah deur die Israelse weermag beklemtoon die noodsaaklikheid van Suid-Afrika se beginselvaste standpunt om Israel aanspreeklik te hou. Israel se weermag sê die aanval het twee senior Hamas-ampenare in die visier gehad en hulle is gedood. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, is aan die woord.