Islamitiese magte val Mosambiekse dorp aan

Die Mosambiekse president, Filipe Nyusi, sê die land se weermag veg teen gewapende groepe, wat ‘n groot aanval op die noordelike dorp Macomia van stapel gestuur het. Reuters berig die dorp is in Cabo Delgado, ‘n noordelike provinsie ryk aan aardgas en waar groepe wat met ISIS verbind word in 2017 ‘n militêre opstand begin het. Ondanks ‘n groot teenaanval van sekuriteitsmagte was daar sedert Januarie ‘n skerp toename in aanvalle. ‘n Streeksmag van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het verlede maand begin om uit Mosambiek te onttrek, want sy mandaat eindig in Julie.