ISF se groenenergie-planne op dreef

Die Ikhaya Somandla-familie, ISF, beoog om ‘n groenenergiekompleks in Walvisbaai te ontwikkel wat ‘n olieraffinadery, ‘n hernubare-energie-kragstasie en verwante bergingsfasiliteite sal insluit. ‘n Omgewingsimpakstudie is gedoen deur Green Earth Environmental Consultants, wat ‘n openbare vergadering op 24 Mei by die Narraville Gemeenskapsaal vir openbare konsultasies aangebied het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met James Links, die hoofbestuurder van ISF, wat ‘n opdatering gee oor die vergadering en wanneer die verwagte bedrywighede sal begin.