Isabel dos Santos verloor appèl

Die Angolese miljardêr Isabel dos Santos het ‘n appèl verloor om ‘n bevel om tot 778 miljoen Amerikaanse dollar van haar bates te bevries as deel van ‘n regsgeding by die Londense hooggeregshof om te keer. Dos Santos – Afrika se eerste vroulike miljardêr, wie se pa Jose Eduardo dos Santos Angola vir 38 jaar tot 2017 regeer het – word deur die Angolese telekommunikasie-operateur Unitel gedagvaar. Unitel is in Desember ’n wêreldwye bevriesingsbevel oor dos Santos se bates toegestaan. Dos Santos word al jare in Angola aangekla van korrupsie.