Is wette teen GBV genoeg?

Volgens ‘n plasing op sosiale media deur die justisie-ministerie, neem geslagsgeweld al hoe meer toe en wetgewing is nie meer genoeg om dit te bekamp nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Yolande Engelbrecht, die koördineerder in die gender-afdeling by die Regshulpsentrum. Sy stem saam dat gevalle toeneem, maar die wetgewing beskerm almal, mans, vroue en kinders.