Is jou diesel of geld op, Eskom?

Die DA doen ‘n beroep op Eskom om die stand van die land se dieselvoorraad te bevestig te midde van verhoogde vlakke van beurtkrag. Die party se nasionale woordvoerder vir openbare ondernemings, Mimmy Gondwe, is verontrus nadat Eskom fase 6-beurtkrag aangekondig het weens onvoldoende opwekkingsvermoë en noodreserwes. Gondwe beklemtoon Eskom moet dringend verduidelik of die land se diesel opgeraak het of dat hy nie geld het om dit vir oopsiklus-gasturbines aan te skaf nie.