Is dit van rooi na oranje vir Amushelelo?

Michael Amushelelo het sy rooi beret ingeruil vir ‘n oranje een. Hy het by die Landless People’s Movement aangesluit. Amushelelo het die aankondiging vanoggend gemaak. Amushelelo het die Namibia Economic Freedom Fighters-party op 1 Julie verlaat na die party amptelik op 24 Junie gederegistreer is. Intussen daag NEFF die saak in die hoërhof uit. Die LPM het nog nie amptelik kommentaar oor sy nuwe lid gelewer nie. Intussen berig New Era dat Amushelelo eintlik sê hy hoop om by die LPM aan te sluit maar het nog nie die party se leierskap genader nie.