Is dit groen of rooi waterstof
Die debat rondom groenwaterstofproduksie by die Hyphen-projek in die Tsau // Khaeb Nasionale Park duur voort. Die behoud van die unieke ekosisteme in die ongerepte nasionale park is op die spel, sowel as die potensiële skepping van ‘n winsgewende bedryf wat baie werksgeleenthede belowe. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike energiekenner Harald Schütt gesels, wat sê die projek is volhoubaar.