IRR vra vir verlaging in BTW na 11,5%

Die Instituut vir Rasseverhoudinge versoek die regering om BTW van 15- tot 11,5-persent te verlaag om finansiële druk op verbruikers te verlig. Die instituut glo hoё lewenskoste en skuldbetalings plaas huishoudings onder druk, veral huiswerkers en die middelklas. Hulle voer aan ‘n BTW-verlaging kan betekenisvolle verligting bring, ekonomiese groei aanhelp sonder om regeringskuld te vergroot of dienste in te kort. Woordvoerder Gabriel Crouse versoek ‘n hersiening van openbare verkrygingswette om staatsbesteding in te kort om moontlik die voorgestelde verlaging van BTW te befonds: