Iran verwerp oproep om nie wraak te neem op Israel nie
Iran het Westerse oproepe verwerp om nie wraak te neem op Israel vir die sluipmoord op Hamas se politieke leier, Ismail Haniyeh, in Teheran nie. Die Islamitiese Republiek en sy bondgenote beskuldig Israel van Haniyeh se moord tydens ‘n besoek aan die Iranse hoofstad vir die inhuldiging van president Mahmoed Pezeshkian. Israel het nie kommentaar gelewer nie. Iran het beloof om die moord te wreek, wat gevolg het slegs ure nadat ‘n Israelse aanval in Beiroet gelei het tot die dood van ‘n senior bevelvoerder van die Irans-gesteunde Hezbollah- militantegroep in Libanon.