Iran stem weer vandag, daar’s twee kandidate

Iranese stem vandag weer om te kies tussen die hervormer Masoud Pezeshkian en die streng konserwatiewe Saeed Jalili in ‘n presidensiële tweestryd. In die eerste stemming kon geen kandidaat ‘n meerderheid behaal nie. Pezeshkian is ten gunste van verbeterde buitelandse verhoudinge om Iran se ekonomie ‘n hupstoot te gee, terwyl Jalili sterk anti-Westers is. Die verkiesing volg op die dood van die voormalige president Ebrahim Raisi. Dit is die tweede presidensiële tweestryd in die land se geskiedenis.